In en om Caledon Villa

2010 : Caledon Villa vier 100 jaar

Dwarsdeur die jaar word agt gesellighede gehou. ’n Verskeidenheid van groepe neem deel – telkens by wyse van ’n toer deur alles en dan ’n feesmaal. Tipiese voorbeelde van sulke groepe is :

* Nageslag van Oom Koos en Tant Lenie Krige – die eerste inwoners van die huis.

* Gesinne en indiwidue wat reeds vroeër in Caledon Villa gewoon het.

* Musiekvriende

* Bevriende gastehuis-eienaars

Fees vieringe_100     Uys Beeld_fees

 

 

2011 : Die hoofgewel kry weer sy kruike terug

Bloot toevallig word ’n ou foto van die gebou ontdek van ongeveer 1940. Dit toon kruike op die voor- en sy-gewels van Caledon Villa. Met behulp van twee argitekte word afgietsels van twee historiese kruike [Burgerwacht-Huis in Kaapstad] gemaak en op die gewels geplaas. En watter verskil maak dit nie. Die kruike was selfs tweemaal in die plaaslike koerant !

Kruike Danny_Finaal     Kruike Finaal

2011 : Die daktuin begin blom

Foto’s vertel die verhaal.

Interessant. Ons het ’n paar perspex-bakke - wat kan dig sluit - laat maak om sekere kleiner vetplantjies daarin oor te plaas. Die rede ? Ja, hulle soek nie die Bolandse reën nie, maar die duiwe het hulle sappige blaartjies ontdek en wei gereeld onder hulle .....

daktuin 1   Daktuin 2   daktuin 3

 

BESOEK aan EUROPA

Augustus 2011: Ode en Johan kry die geleentheid om weer na Europa te reis. Hoofdoel van dié toer is Bayreuth in Duitsland waar hulle die aanbieding van Wagner se Parsival kon gaan bywoon. Ingeligtes sal weet dat dit 'n eenmalige ondervinding kan wees. En vir die twee gelukkiges uit Suid-Afrika was dit wel iets heel besonders !

 Europa 1_finaal
Ete na die opvoering van Parsival in Bayreuth

Benewens die besoek aan die Festspielhaus in Bayreuth het hulle ook die geleentheid gebruik om 'n hele aantal vriende van Caledon Villa te gaan opsoek. Daar was die stoere ondersteuners oor baie jare [Gerda Strecke, Vera Tlusty, Jörg en Renate Feldmann, Helmut en Gertud Schmidt]. Maar die lys het ook 'n paar nuwe vriende ingesluit [ Carla en Horst Burgmann, Helmut en Anne Merensky, Werner en Anja Hoffritz, Leo en Olga Buner]. Hulle het almal hul huise en harte vir ons oopgemaak, en om hulle daarvoor te kan bedank, het ons nie gepaste woorde nie.
En om te dink : teen Oktober sal die eerstes van hulle reeds weer by Caledon Villa as ons gaste by die voordeur instap !

Europa 2_finaal
Vriende van Caledon Villa sien ons af op Bayreuth stasie. 


joomla template 1.6